Skip to content

Fietsry: Pogacar het sterk UAE span om hom in Tour de France by te staan

# Fietsry: Tadej Pogacar skop die verdeiging van sy Tour de France-titel volgende Saterdag met die ondersteuning van ‘n sterk U-A-E span af. Die 26-jarige Sloween het al vyfkeer aan die drieweek-lange Toer deelgeneem, met drie oorwinnings en tweede plekke toe Jonas Vingegaard in 2022 en 2023 gewen het. Hy het sy voorbereidings afgesluit deur die agtdag-lange Criterium du Dauphine te wen. Hy word ondersteun deur vyf van die ryers wat hom gehelp het om te wen. Adam Yates en Joao Almeida, wat albei laasjaar in die top ses van die Tour de France was, sluit by hulle aan.