Skip to content

Minister Kubayi kondig verbeterde sekerheidsmaatreëls by Wynbergse Landdroshof in Kaapstad aan

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het ‘n reeks maatreëls aangekondig om sekerheid te verbeter by die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad na die moord op ‘n beskuldigde. Dingalomoyo Chintso is vroeër vanjaar in die hof doodgeskiet. Direkteur-generaal Doctor Mashabane het die aanbring van ‘n sekerheidskandeerder, die opskerp van toegangsbeheer en die verbetering van die keuring van hofamptenare gelas. Kubayi sê die sekerheid-strategie stel nuwe maniere voor om sekerheidsgapings by al die howe te vermy.