Skip to content

Departement van Samewerkende Regering ignoreer hofbevel om R9-miljoen aan Insika-stigting te betaal

# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is onder skoot nadat hy ʼn hofbevel veronagsaam het om meer as nege-miljoen-rand aan die Insika-stigting te betaal. Die stigting het die hof genader om die departement te dwing om te betaal vir dienste wat gelewer is, en dis toegestaan. Die departement het geappelleer, maar die saak verloor. Die stigting se uitvoerende hoof, Ziphozethu Matheniwa, sê hulle gaan die hof weer nader en ook ʼn klagte by die Parlement en die Openbare Beskermer indien.