# Tennis: Die verdedigende kampioen, Taylor Fritz, is deur na die halfeindronde in sy poging om ʼn vierde Eastbourne-titel te buit. Die Amerikaner het sy landgenoot, Marcos Giron, geklop en kom vandag teen die Spanjaard, Alejandro Davidovich Fokina, te staan. Die Fransman Ugo Humbert en Amerikaner Jenson Brooksby het die Britte se hoop verpletter deur onderskeidelik Billy Harris en Daniel Evans te klop om die halfeindronde te haal. In die vroueafdeling is die Australiese tiener, Maya Joint, en die Rus, Anastasia Pavlyuchenkova, deur na die halfeindronde.
Tennis: Taylor Fritz se poging vir vierde Eastbourne-titel nog op dreef