# Olimpiese Spele: Die president van Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, sê daar is oorweldigende steun onder lede om die vrouekategorie in sport te beskerm. Dit volg na die omstredenheid oor die 2024-bokstoernooi by die Parys-spele waar twee atlete, Imane Khelif en Lin Yu-Ting, goue medaljes gewen het. Dit ten spyte daarvan dat hulle die vorige jaar by die Wêreldkampioenskap gediskwalifiseer is omdat hulle nie aan geslagsvereistes kon voldoen nie. Coventry sê ʼn werksgroep sal aangestel word om ʼn nuwe beleid op te stel:
Olimpiese Spele: IOK-lede wil vrouekategorie in sport beskerm [KLANK]
ENG CoventryOnFemaleCategory