# Iran se opperleier, Ajatolla Ali Khamenei, sê Amerika se aanvalle het niks belangrik reggekry om die land se kernprogram te vertraag nie. President Donald Trump beweer die aanvalle op drie terreine het Iran se kernvermoë uitgewis. Volgens ʼn uitgelekte intelligensieverslag is die skade moontlik nie so erg nie. Khamenei het in sy eerste openbare toespraak sedert die skietstilstand met Israel Dinsdag van krag geword het, gewaarsku Iran sal reageer op enige Amerikaanse aanvalle deur Amerikaanse militêre basisse in die Midde-Ooste te teiken.
Opperleier sê Amerika se aanvalle het nie Iran se kernprogram onderbreek nie