Skip to content

Tennis: Wimbledon-kampioen is beseer dae voor die verdiging van haar titel begin

# Tennis: Die Tsjeg Barbora Krejcikova se verdediging van haar Wimbledon-titel hang moontlik in die weegskaal nadat ‘n dyspier-besering haar uit die Eastbourne Ope in Engeland gedwing het. Sy het onttrek voor haar kwarteindstryd teen Varvara Gracheva van Frankryk. Krejcikova is veronderstel om Dinsdag haar eerste wedstryd op Wimbledon te speel. Die 29-jarige, wat haar ander Grand Slam-titel in 2021 op die Franse Ope gewen het, kon vanjaar nog net ses wedstryde speel weens ‘n rugbesering. Die voormalige nommer twee is nou 17de op die wêreldranglys.