Skip to content

ActionSA sê Ramaphosa moet al 42 adjunkministers afdank, nie net een nie

# ActionSA sê president Cyril Ramaphosa moet al 42 adjunkministers afdank en nie net een nie. Dit volg op Ramaphosa se besluit om Andrew Whitfield van die DA af te dank as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging. ActionSA sê die president het ‘n belangrike geleentheid misgeloop om ministers wat aan korrupsie of swak prestasie gekoppel is te verwyder, insluitend Khumbudzo Ntshavheni, Nobuhle Nkabane en Thembi Simelane. Woordvoerder Athol Trollip sê die huidige kabinet is opgeblaas en ondoeltreffend.