Skip to content

Rugby: O’Mahony lei die Barbarians in die wedstryd teen die Bokke

# Rugby: Die Ierse legende Peter O’Mahony is Saterdag die Barbarians se kaptein in sy laaste wedstryd wanneer hulle die Springbokke in Kaapstad pak. Die ander twee losvoorspelers is die gewese All Black-kaptein, Sam Cane, en Shannon Frizell. Ruben van Heerden van die Stormers en David Ribbans van Engeland is die slotte en Tawera Kerr-Barlow en Josh Jacomb die skakelpaar. Die Nieu-Seelanders Peter Umaga-Jensen en Leicester Fainga’anuku is die senters en Jacob Ratumaitavuki-Kneepkins en Mark Tele’a die vleuels. Malvyn Jaminet van Frankryk is die heelagter.