# Die Hooggeregshof in Milimani het ‘n opdrag van Kenia se Kommunikasie-owerheid opgeskort wat regstreekse dekking van die versetoptrede verbied. Dit volg nadat 16 mense dood is in hernude betogings om die dodelike belasting-betogings en die dood van die politieke webjoernaalskrywer Albert Ojwang in polisie-aanhouding te herdenk. Regter Chacha Mwita het beslis die bevel wek ernstige grondwetlike kommer, insluitend skending van mediavryheid en die Handves van Menseregte. Die hof het gelas alle uitsaaiseine wat geraak is, soos dié van Citizen TV, Kenya Television Network, NTV en K24, moet onmiddellik herstel word.
Keniaanse hof hef verbod op media-dekking van versetoptrede op