Skip to content

Sokker: Engeland en Duitsland spook sake uit in eindstryd van Onder 21-Europese Kampioenskap

# Sokker: Die verdedigende kampioen, Engeland, kom Saterdag in Bratislawa, Slowakye, teen Duitsland te staan in vanjaar se eindstryd van die Onder-21 Europese Kampioenskap. Die Jong Leeus het Nederland in die halfeindstryd 2-1 geklop danksy Harvey Elliott van Liverpool se twee doele om hul tweede agtereenvolgende eindstryd te haal. Duitsland het Frankryk 3-0 afgeransel. Albei lande het die kompetisie reeds drie keer gewen.