Skip to content

N1-Suid in Pretoria volgende paar uur vir verkeer gesluit

# Die Tshwane-metropolisie sê die N1-Suid tussen Zambezi- en Stormvoëlweg is gesluit nadat ʼn vragmotor vanoggend geknipmes en sy vrag verloor het. Die polisiewoordvoerder, Isaac Mahamba, sê die opruiming van die pad sal twee tot drie ure duur. Hy waarsku motoriste om tot verdere kennisgewing ander roetes te gebruik.