# Tennis: Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen, Emma Raducanu het ‘n skok nederlaag teen die Australiese tiener, Maya Joint in die tweede ronde by die Eastbourne-toernooi gely. Die Britse ster het in drie stelle verloor. Die Wimbledon kampioen Barbora Krejcikova van Tsjeggië het na drie wedstrydpunte die oorhand gekry om die kwarteindronde te haal met ‘n drie-stel-oorwinning teen die Brit Jodie Burrage. In die mansafdeling het Dan Evans van Brittanje die Amerikaner Tommy Paul uitgeskakel. Daar was ook oorwinnings vir Jakub Mensik en Ugo Humbert van Frankryk.
Tennis: Opkomende ster Maya Joint skakel Emma Raducanu in Eastbourne uit