Skip to content

Putin gaan nie BRICS-beraad in Brasilië bywoon nie oor arrestasiebevel van Internasionale Strafhof

# Die president van Rusland, Vladimir Putin sal nie volgende maand se Brics-beraad in Brasilië bywoon nie aangesien daar ‘n arrestasiebevel deur die Internasionale Strafhof teen hom uitstaande is. Die Strafhof in Den Haag wil Putin arresteer vir die beweerde onwettige deportasie van Oekraïense kinders nadat sy troepe die land in 2022 binnegeval he. ‘n Kremlin-adviseur Yuri Ushakov het aan joernaliste gesê Putin gaan via ’n videoskakel aan die BRICS-staatsberaad van 6 tot 7 Julie in Rio de Janeiro deelneem.