Skip to content

Rugby: Rassie sê Sacha hoef nie elke keer wondere te verrig op die veld nie

# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die flambojante losskakel, Sacha Feinberg-Mngomezula, hoef nie elke keer wondere te verrig op die veld nie. Die jong speler sal Saterdag teen die Barbarians die nommer 10-trui dra, met die meer ervare Manie Libbok op die bank. Die veteraan Handré Pollard speel nie hierdie week nie. Erasmus sê die 23-jarige Feinberg-Mngomezula, wat nog net agt toetse gespeel het, leer nog en moet nog balans in sy spel kry.