# Die Suid-Afrikaanse Studentefederasie gaan vandag ‘n betoging by die Departement van Hoër Onderwys in Pretoria hou. Die federasie sê hy is bekommerd oor verskeie onopgeloste sake van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente wat gelei het tot opgehoopte klasgelde vir studente en die uitbetaling van toelae. Die optog begin by die Ou Putco-busdepot in Marabastad en gaan na die departement se kantoor in Francis Baardstraat. Die Stad Tshwane sê verskeie strate word geraak, insluitend Struben, Madiba en Pretorius.
Suid-Afrikaanse Studentefederasie hou optog oor onopgeloste NSFAS kwessies