Skip to content

Atletiek: Prudence Sekgodiso wen 800m en oortref rekord op Ostrava Golden Spike

# Atletiek: Prudence Sekgodiso van Suid-Afrika het die eindronde van die vroue-800-meter in ‘n byeenkomsrekord en persoonlike beste tyd van een-minuut-57,16-sekondes gewen op die Ostrava Golden Spike in die Tsjeggiese Republiek. Oratile Nowe van Botswana en die Ethiopiër Nigist Getachew was onderskeidelik tweede en derde. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Douw Smit, het tweede geëindig na die Indiese Olimpiese medaljewenner, Neeraj Chopra, in die mans-spiesgooi met ‘n afstand van 84,12-meter. Tshepo Tshite het in ‘n teleurstellende negende plek klaargemaak in die mans se duisend-500-meter.