# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê hy is vol vertroue die wantrouemosie wat vandag teen hom in die raad ingedien word, sal misluk. Die DA het mosies teen die burgemeester en hoofsweep, Sithembiso Zungu, ingedien, met verwysing na voortdurende uitdagings met dienslewering. Morero sê die ANC-geleide koalisie het die stemme om die mosie te verslaan en bly verenig. Die burgemeester sê die opposisie vertolk wettige prosesse verkeerd om politieke munt daar uit te slaan.
Johannesburg se burgemeester sê die ANC-geleide koalisie het die stemme om die wantrouemosie teen hom te verslaan