Skip to content

Rwanda ontken gerugte dat president Kagame siek is

# Die Rwandese regering het gerugte ontken dat president Paul Kagame siek is nadat hy onlangs ‘n ruk nie in die openbaar verskyn het nie. Die 67-jarige Kagama is sedert 6 Junie nie in die openbaar of op X gesien nie, wat gerugte aanlyn en in die land veroorsaak aangevuur het omdat hy gewoonlik energiek en alomteenwoordig is. Hy regeer sedert 1994 in Rwanda, toe hy ‘n rebelle-opstand gelei het om die ekstremistiese Hutu-regime omver te werp. Die Hutus was verantwoordelik vir ‘n volksmoord waarin meer as 800-duisend lede van die Tutsi-minderheid vermoor is.