Skip to content

Kamer sê jeugwerkloosheid dui op nasionale ineenstorting

# Die jeugafdeling van die Kamer van Koophandel en Nywerheid het alarm gemaak oor wat hulle noem  ‘n nasionale ineenstorting as gevolg van jeugwerkloosheid. Die uitvoerende hoof, Denise Rapitsi, sê meer as die helfte van die jeug in Suid-Afrika is werkloos en talle ly aan depressie, is arm terwyl die selfdoodsyfers toeneem. Rapitsi het bygevoeg die kamer stel ‘n nasionale aksieplan bekend om die krisis aan te pak deur werkskepping, ondernemers-ondersteuning en geestesgesondheidsdienste.