# Human Rights Watch sê militante met bande met Islamitiese Staat in die noorde van Mosambiek, ontvoer toenemend kinders. Minstens 120 kinders is reeds vanjaar ontvoer, hoewel sommige vrygelaat is. Die streek word al jare lank geteister deur jihadistiese geweld wat reeds duisende mense se lewens geëis en ander gedwing het om te vlug. TotalEnergies het ‘n reuse-gasontginingsprojek opgeskort. Human Rights Watch sê die gewapende groep wat in die provinsie Cabo Delgado teenwoordig is, gebruik die ontvoerde kinders as soldate of vir arbeid of huwelike.
Human Rights Watch sê IS-gekoppelde militante ontvoer toenemend kinders in Mosambiek