# Tennis: Wimbledon gaan binne die volgende twee jaar ‘n standbeeld van die gewese wêreld-nommer een, Andy Murray, oprig. Hy het in 2013 na 77 jaar die eerste Brit geword om die mans-enkelspel te wen en die prestasie in 2017 herhaal. Voor hom was Fred Perry in 1936 laas die plaaslike kampioen, en is steeds die enigste speler van wie ‘n vollengte standbeeld by die All England Club pryk. Murray se standbeeld sal onthul word wanneer die beroemde grasbaan-Grand Slam-toernooi in 2027 sy 150ste bestaansjaar vier.
Tennis: ‘n Standbeeld van Murray gaan in 2027 by Wimbledon opgerig word