# Rugby: Die Wallabies se hoofafrigter, Joe Schmidt, sê die Britse en Ierse Leeus sal seker ook nie hulle beste spelers vir die weekwedstryde kies gedurende hulle toer in Australië nie. Dit volg nadat die Leeus se uitvoerende hoof, Ben Calveley, die gashere gewaarsku het hulle sal kontrakbreuk pleeg as hulle nie hul toetsspelers vrystel vir hul streekspanne nie. Schmidt wil beserings vermy, want die Wallabies het nie besondere speler-diepte nie, maar sal dit wel oorweeg om nasionale spelers vry te stel vir die Reds en die Waratahs.
Rugby: Wallabie-afrigter reageer op Leeus se waarskuwing oor kontrakbreuk