Skip to content

Israel beveel aanvalle op Teheran nadat Iran wapenstilstand verbreek

# Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, het die Leër opdrag gegee om te reageer op Iran se verbreking van die skietstilstand nadat die Weermag inkomende Iranse missiele aangemeld het. Hy sê die Weermag het opdrag om kragtige aanvalle teen regime-teikens in die hartjie van Teheran uit te voer. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n gefaseerde wapenstilstandsproses van 24-uur aangekondig, met Israel wat daartoe ingestem het. Iran het nie die wapenstilstand formeel aanvaar nie, maar ontken dat missiele afgevuur is nadat die verposing in werking getree het.