Skip to content

Israel stem in tot skietstilstand met Iran en beklemtoon militêre welslae 

# Die Israelse regering sê hy het ingestem tot ʼn skietstilstand met Iran en beklemtoon hy het al sy doelwitte en meer bereik. Dit sluit in ʼn tweeledige bedreiging wat kern- en ballistiese missiele betref, volle beheer oor Teheran se lugruim en ernstige skade aan die militêre leierskap. Die skietstilstand wat deur president Donald Trump van Amerika bewerkstellig is, kom na elf dae van aanvalle tussen die twee lande. Israel se regering sê hy sal met geweld reageer op enige verbreking van die skietstilstand.