# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê ‘n skietstilstand tussen Israel en Iran is tans van krag en hy maan die twee lande om dit nie te skend nie. Dit is ondanks vier Israelse burgers wat vanoggend in Iranse missielaanvalle dood is. Volgens berigte het Trump die skietstilstand bewerkstellig deur met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, te onderhandel terwyl sy span, insluitend visepresident JD Vance, met Teheran gepraat het. Iran se staatsmedia het ook berig dat die skietstilstand begin het.
Trump sê skietstilstand tussen Israel en Iran is van krag