Skip to content

Rugby: Tien nuweling ingesluit by Engeland se toerspan na Argentinië en Amerika

# Rugby: Die Engelse afrigter, Steve Borthwick, het tien nuwelinge by sy groep van 36 spelers ingesluit vir hulle toer volgende maand na Argentinië en Amerika. Die span, wat deur die haker Jamie George en die losskakel George Ford aangevoer word, bestaan uit 20 voorspelers en 16 agterspelers. Die nuwelinge sluit in die trio van Bath, Will Muir, Max Ojomoh en Guy Pepper, asook Joe Carpenter van die Sale Sharks en Luke Northmore van Harlequins. Borthwick sê die reeks is ‘n geleentheid vir voortgesette ontwikkeling.