# President Donald Trump beweer ʼn volledige en totale skietstilstand-ooreenkoms is tussen Israel en Iran bereik. Hy sê in ʼn inskrywing op Truth Social die eerste fase van die skietstilstand sal in die komende ure van krag word wanneer albei lande hulle militêre bedrywighede afskaal. Iran se minister van Buitelandse Sake, Seyed Abbas Araghchi, het egter op X gesê daar is geen skietstilstand nie, maar as Israel sy aggressie staak, sal Iran nie verder optree nie. Israel het nog nie gereageer nie.
Trump sê Israel en Iran het op ’n skietstilstand ooreengekom