# Rugby: Die Wallabies sal nie te veel lees in die Britse en Ierse Leeus se nederlaag teen Argentinië in hul opwarmingswedstryd vir hulle toer na Australië nie. Die Pumas het 28-24 gewen in Dublin. Die Wallabie-heelagter Tom Wright sê dit was ‘n baie opwindende kragmeting met heelwat hardloop-rugby, maar baie van die Leeus se groot name het nie gespeel nie. Die besoekers se eerste toerwedstryd is Saterdag in Perth teen Western Force. Die eerste van die drie toetse teen die Wallabies word op 19 Julie in Brisbane gespeel.
Rugby: Wallabies lees nie te veel in Leeus se nederlaag teen die Pumas nie