Skip to content

Tshwane-metropolisie volg steeds benadering van geen verdraagsaamheid teenoor dronkbestuurders

# Die Tshwane-metropolisie sê hy voer gereeld operasies teen dronkbestuur uit, hoofsaaklik om padsterftes te voorkom en opvoeding en bewustheid te skep oor die gevare van dronkbestuur. Sedert die begin van die maand is meer as 200 dronkbestuurders tydens optrede in die metro gearresteer. Die afgelope naweek is 64 dronkbestuurders op verskeie plekke vasgetrek. Die metro-polisie sê hy volg steeds ʼn benadering van geen verdraagsaamheid.