# Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi sê die land sal nie samesprekings oor sy kernprogram hervat, te midde van aanvalle nie. Dit volg ure nadat Israel se minister van Verdediging gewaarsku het oor voortgesette konflik teen die Islamitiese Republiek. Israel se VN-ambassadeur het Iran vroeër van ‘n volksmoordagenda beskuldig wat ‘n voortdurende bedreiging inhou, en bygevoeg Israel sal voortgaan om kernfasiliteite te teiken totdat dit afgetakel is. Gevegte het tot in die nag gewoed met die Israelse weermag se nuwe beplande vlaag aanvalle teen die Iranse missielberging- en lanseringsinfrastruktuur nadat Iran missiele na sentraal-Israel gelanseer het.
Iran staak kerngesprekke totdat aanvalle stop