# Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, sê die toenemende konflik tussen Iran en Israel is byna by die keerpunt verby. Die konflik het ‘n week gelede losgebars toe Israel ‘n reeks aanvalle op sy aartsvyand geloods het, wat onmiddellik gelei het tot wraakaanvalle deur Teheran. Erdogan sê dis noodsaaklik dat vingers van die snellers en knoppies verwyder word voor nog meer verwoesting, bloedvergieting, burgerlike ongevalle en ernstige rampe die streek, Europa én Asië nog vir jare kan beïnvloed.
Erdogan sê konflik tussen Israel en Iran kan binnekort by die keerpunt verby wees