Skip to content

Pro-Palestynse groep breek in by Britse lugmagbasis en beskadig twee vliegtuie

# Pro-Palestynse aktiviste het ingebreek by die grootste lugmagbasis in suidoos-Engeland in die Verenigde Koninkryk en twee vliegtuie opsetlik beskadig in ‘n daad wat Eerste Minister Keir Starmer “skandelik” genoem het. Beeldmateriaal op X, wys hoe aktiviste rooi verf op ‘n vliegtuig spuit en op bromponies in die basis rondry. Die groep het reeds verskeie dade in verset teen die Verenigde Koninkryk se rol in die oorlog tussen Israel en Hamas in Gaza uitgevoer. Die Ministerie van Verdediging sê hulle werk nou saam met die polisie wat ondersoek instel.