# Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê afpersing vertraag openbare infrastruktuurprojekte van 400-miljoen-rand in die provinsie. ʼn Hoëvlakberaad teen afpersing is vroeër die week in Kaapstad gehou. Winde sê afpersingsindikate lê infrastruktuurprojekte lam, intimideer gemeenskappe en ondermyn werkskepping. Die LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Anroux Marais, sê afpersing het ʼn ernstige ekonomiese- en sekerheidskrisis geword wat hele sektore destabiliseer.
Afpersing het ernstige ekonomiese- en sekerheidskrisis in die Wes-Kaap geword