Skip to content

Parlement bekommerd oor Poskantoor se omkeerstrategie

# Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel het kommer uitgespreek oor sakeredding-praktisyns se werk in die Suid-Afrikaanse Poskantoor se omkeerstrategie. In 2024 is vier-duisend-875 werknemers afgelê nadat die Poskantoor in sakeredding geplaas is met skuld van 8,7-miljard-rand. Dit is ondersteun met ʼn reddingsboei van 2,4-miljard-rand. Die komiteevoorsitter, Sonja Boshoff, sê ʼn omkeerplan kan nie staatmaak op slagspreuke of strukturele geprutsel nie, maar moet geloofwaardigheid herstel, bedrywighede moderniseer en die Suid-Afrikaanse publiek se vertroue herstel.