# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel vlak-twee waarskuwing uitgereik vir ontstuimige see in die Wes-Kaap. Deinings kan tot Saterdagoggend gevaarlike hoogtes bereik vanaf Saldanhabaai aan die Weskus tot by Plettenbergbaai aan die Suidkus. Inwoners word aangemoedig om see-bedrywighede te vermy weens die gevaar dat kleiner vaartuie kan omslaan, kuslyn-ontwrigting en vernietiging van strande. Die bemannings van kleiner vaartuie word aangeraai om skuiling te soek in hawens, baaie en inhamme.
Geel vlak-twee waarskuwing uitgereik vir Wes-Kaap