# Drie-en-vyftig-persent van kiesers wat die Amerikaanse president Donald Trump in die 2024-presidentsverkiesing gesteun het, wil nie hê dat die land by Israel se konflik betrokke moet raak nie. Dit is volgens ‘n nuwe Economist/YouGov-peiling. Die peiling het ook bevind dat 63-persent van Trump-kiesers gesê het Amerika moet met Iran oor sy kernprogram onderhandel, terwyl slegs 18-persent gesê het die VSA moet nie. Dit volg na Trump aangedui het dat hy nog nie ‘n besluit geneem het oor Amerika se betrokkenheid by die konflik nie.
Meer as die helfte van Trump-ondersteuners wil nie hê Amerika moet by Israel se oorlog met Iran betrokke raak nie