# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi, sê alhoewel die Timothy Omotoso-saak ʼn terugslag is in die stryd teen geslagsgeweld, is alles nie verlore nie. Die Nigeriese TV-evangelis is in April vrygespreek op talle aanklagte van seksuele aanranding en mensehandel. Die Nasionale Vervolgingsgesag appelleer teen die uitspraak al het Omotoso die land verlaat. Batohi het aan die Parlement gesê Omotoso kan steeds vervolg word indien die NVG se appèlaansoek slaag:
NVG-hoof Batohi sê Omotoso kan steeds vervolg word indien appèlaansoek slaag [KLANK]
ENG BatohiOnOmotosoCase