Skip to content

Iran ontken dat hy na Trump uitreik en sê hy onderhandel nie onder dwang nie

# Iran se diplomatieke sending by die Verenigde Nasies ontken president Donald Trump van Amerika se bewerings dat Iranse onderhandelaars die Withuis wil besoek en sê geen amptenaar het gevra om by die Withuis se hekke te gaan kruip nie. Trump sê hy het Iran ʼn laaste waarskuwing gegee en oorweeg Amerikaanse militêre ingryping in dié land. Die sending sê Iran onderhandel nie onder dwang nie, en sal nie vrede onder dwang aanvaar nie.