# Rugby: Verskeie spelers kan hulle buiging vir Argentinië maak in môre se wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus in Dublin, Ierland. Die Leeus gebruik dit as voorbereiding van hulle toer na Australië, wat volgende naweek in Perth afskop teen Western Force. Drie nuwelinge – die haker Bautista Bernascone, die stut Boris Wegner en die skrumskakel Simon Benitez Cruz – is op die bank. Afrigter Felipe Contepomi besef die Leeus gaan ‘n groot uitdaging wees , maar het volle vertroue in sy groep onder aanvoering van die veteraan-haker Julian Montoya.
Rugby: Pumas kies nuwelinge vir wedstryd teen Leeus in Dublin