Skip to content

Ramaphosa stel minister Angie Motshekga as waarnemende president aan

# President Cyril Ramaphosa het die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, as waarnemende president aangestel. Dit is weens die afwesigheid van Ramaphosa, wat aan die G7-beraad in Kanada deelgeneem het, en adjunkpresident Paul Mashatile, wat tans op ‘n werksbesoek aan Rusland is. Die Presidensie sê Motshekga se aanstelling is in ooreenstemming met die Grondwet, en sy sal die land se hoogste pos tot môre beklee.