# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae Dinsdag in die Nasionale Raad van Provinsies, het Lamola gesê alle faktore word oorweeg voordat ‘n finale besluit geneem kan word:
Minister Lamola sê die kabinet wik en weeg nog oor die sluiting van die Israelse ambassade in SA [KLANK]
ENG LamolaOnIsraelEmbassy