# Krieket: Die Protea-vroue het die Wes-Indies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met 166 lopies verslaan in die derde en laaste eendagwedstryd in Barbados en die reeks met 2-1 beklink. Tazmin Brits het 101 lopies aangeteken in Suid-Afrika se beurt wat weens reën verkort is. Die besoekers se telling was 278 vir ses in 45 boulbeurte en vier balle. In antwoord daarop was die Wes-Indies op 121 almal uit en nie naby die hersiene teiken van 294 nie. Masabata Klaas spog met ʼn loopbaanbeste van vier paaltjies vir 25 lopies in ses boulbeurte.
Krieket: Protea-vroue beklink eendagreeks teen Wes-Indiese Eilande