Skip to content

Dokter gaan erken dat hy Matthew Perry van ketamien voorsien het voor sy noodlottige oordosis

# ‘n Dokter van Los Angeles het ingestem om te erken dat hy die Friends-akteur Matthew Perry ketamien gegee het voor sy dood weens ’n noodlottige oordosis. Aanklaers sê Salvador Plasencia kan moontlik tot 40-jaar tronkstraf gevonnis word. Hy is een van vyf mense wat aangekla is na Perry se dood. Die akteur se gereelde dokter het hom die medikasie gegee vir die wettige behandeling teen depressie, maar hy wou meer gehad het. Plasencia het die grootste gedeelte van die ketamien in sy laaste weke aan Perry voorsien.