Skip to content

Sokker: Tottenham se vleuel Solomons vasgekeer in Israel na sy troue

# Sokker: Die Engelse klub Tottenham se Israelse vleuel, Manor Solomons, is steeds in sy vaderland vasgekeer nadat hy teruggegaan het om te trou. Die 25-jarige en sy jarelange lewensmaat, Dana Voshina het Donderdag die knoop deurgehaak maar kon Israel nie verlaat nie want die Weermag het die lugruimte vir burgerlike vlugte gesluit na Iranse lugaanvalle. Tottenham sê hulle is deurtentyd in kontak met Solomons rakende sy welstand en welvaart. Hy is veronderstel om vroeg volgende maand met voor-seisoense oefeninge by Spurs te begin.