Skip to content

Krieket: Triomfantlike Proteas bring môreoggend die gesogte kampioensepter na Suid-Afrika

# Krieket: Die Proteas kan ‘n helde-ontvangs verwag wanneer hulle môre met die goue septer van toetskrieket in Suid-Afrika aankom. Krieket Suid-Afrika het bevestig dat die Toets-wêreldkampioene môreoggend om 9.25 by OR Tambo-lughawe sal land. Die groep het gister na Lord’s teruggekeer nadat hulle Saterdag die Wêreldtoetskampioenskap met vyf paaltjies teen Australië gewen het. Veelsydige speler Wiaan Mulder sê hy het nog nooit so iets beleef nie, en bygevoeg dat Lord’s, die tuiste van krieket, die beste plek was om dit te bereik.