# Die DA sê Liam Jacobs is nie meer ‘n lid nie, nadat hy in beeldmateriaal van die Patriotic Alliance verskyn het, wat die onmiddelike beëindiging van sy lidmaatskap beteken. Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, het die speaker van die Nasionale Vergadering in kennis gestel van sy verwydering uit die Parlement. PA-leier en minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Jacobs verwelkom. Volgens Jacobs is hy uiteindelik vry. Jacobs en McKenzie het onlangs in die Parlement vasgesit het oor die aanstelling van ‘n PA-lid as voorsitter van die Nasionale Kunsteraad.
DA sê Liam Jacobs se lidmaatskap het verval met oorlopery na PA