# China beskuldig president Donald Trump dat hy die vlamme aanblaas in die toenemende konflik tussen Iran en Israel, nadat die Amerikaanse staatshoof inwoners van Teheran aangemoedig het om “dadelik te ontruim”. Die skielike opvlam van vyandelikhede het vrese vir ‘n wyer konflik laat ontstaan, met Trump wat Iran aanmoedig om terug te keer na die onderhandelingstafel nadat Israelse aanvalle onderhandelinge tot stilstand gebring het. Met verwysing na Trump se uitsprake, het die woordvoerder van China se buitelandse ministerie, Guo Jiakun, gesê, dreigemente en vehoogde druk sal die konflik vererger en uitbrei.
China beskuldig Trump dat hy die vlamme in die Israel-Iran konflik aanblaas