# President Donald Trump van Amerika keer ʼn dag vroeër terug van die G7-beraad in Kanada om verwikkelinge in die Midde-Ooste te monitor. Minstens 224 mense is sedert Vrydag in Israelse aanvalle dood terwyl 24 Israeli’s in Iranse wraakaanvalle dood is. Dit verander Trump se beplande bilaterale gesprekke met president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en die Mexikaanse president, Claudia Sheinbaum. Trump het volgens berigte sy span opdrag gegee om so gou moontlike ʼn vergadering met Iranse amptenare te reël.
Trump keer vroeër terug van G7-beraad oor situasie in Midde-Ooste