Skip to content

Tennis: Tiafoe, Norrie en Monfils uitgeskakel by Queen’s Club

# Tennis: Die Brit, Dan Evans, het sy eerste top-20-oorwinning sedert 2023 behaal nadat hy in die eerste ronde by Queen’s Club met die Amerikaner, Frances Tiafoe, afgereken het. Nog ʼn Brit, Cameron Norrie, is deur die Tsjeggiese tiener, Jakub Mensik, uitgeskakel. Die kwalifiseerder, Mackenzie McDonald van Amerika, het die Fransman Gael Monfils geklop terwyl die vierde gekeurde Holger Rune van Denemarke sy grasbaanseisoen afgeskop het met ʼn sege oor die gelukkige verloorder, Christopher O’Connell van Australië.